Aarde..gedooriewaar ja..so Fotograaf Renico van Rensburg in AFRIKAANS ook - met fotografiese lewe en wedervaringe vol akteurs, aktrieses, bekende persoonlikhede  en modelle met vakansie en reis plekke waar al wat mode foto's geskiet kan word. Mode, skoonheid,  voorblad en model fotograaf wees, is  een van Renico van Rensburg se wonderlike ervaringe...

Foto sessies  met bekendes waar film ,tv en  musiek sterre heelwat sprankelende fotos en momente opgelewr het, skoonheids modelle en Mej Suid-Afrika's het ook lekker vonk gegee vir selfs meer as 50 tydskrif voorblad foto sessies ....en as fotograaf Renico laat skiet, tiek en kliek...

..Dink maar vinnig aan Nathaniël wat in sy Voortrekker rok in ñ Sandton Model agentskap instap vir ñ fotosessie om sy boek te illustreer....

OOr  Kwalifikasies, B.Comm, SAIP Suid Afrikaanse Instituut vir  Profesionele Fotograwe, Fotgrafiese Vereeniging van Suid Afrika ens..,
Klim die Leer na BO...,
Halwe kilometer onder die grond.....,
Skape teater toe neem ..."Springmielies en  Lusern"... ,
Guinness Book of Records™...., 
Paparazzi ..steelfotograaf..., 
Hard Rock Cafe restaurant....
Wilds lewe ... tot  wild on !....om die wêreld...
Voorblad fotograaf en Voorblad meisies....
...die stilmaking van my lammertjie op Oliver Thambo Lughawe .. en meer...

       
     


Eerste "Studio" , foto Ateljee - huur die Sterrewag Teater in Bloemfonteinerste "Studio" , foto Ateljee - huur die Sterrewag Teater in Bloemfontein

Langste Model Fotosessie...Guinness Book of Records...poging en
saam met Sunday Times monitors ens..  72 uur lank modelle afgeneem ,
meer as 7 duisend film  foto's - Renico was gedaan & vodde 
na nog tv onderhoude, opnames vir Britse en Suid Afrikaanse 
Tv stasies.

Lemiete?  Blêrende Skape "Teater toe"..
...Ja daar is seker lemiete.. Renico  is seker ook al ou wat met sy skape
op die bakkie teater toe is ... dis nou die Toneel teater ... nie veearts. 
Pieter Dirk Uys het teater gangers laat huil van die lag in die teater terwyl
my skape nog net meer laat blêr daar op die bakkie buite die Teater !
Pouses was seker maar .."Springmielies en Lusern" ....my prys wennende stoetskape het die aand onder die sterre "live" en "uncut" vanaf bakkie ervaar met die oom voor my wat kort-kort aan agter sy mond grom en rondkyk in die gehoor ...die toneelstuk het blêrrie skape in vrou...!

3 belangrike dinge in my lewe .... Moenie aan ander doen wat jy nie aan jou  gedoen wil hê...,   Lojaliteit en Respek... word  verdien en nie gekoop...., Goeie leiers is ook goeie volgelinge......dus spanwerk...

       

 


 

 

 

 


So bietjie Afrikaanse kinder dinge ook  al is die web hoofsaaklik  Engels - talig georiënteerd en die mees universele internasionale medium, platform vir die wêreld se webblad ontwerpers en  internet gebruikers.  

Eerste "offisiële" fotosessies - Op UP kampus ..al die dameskoshuis funksies begin afneem... waar my vriend Venter(Vennas) sy pa se kamera moes laai en stel en ek het natuurlik weggekliek op die dames studente (en metgeselle....)..   voorwaar n studente vriendekring spanpoging gewees. Tot twee van die ouens "dametjies ontmoet het daar...ja.. Ons was toe "koshuis beperk" ... kan mos nie die opposisie laat beter lyk........

Fotogenies... of foto gene of gene foto's... 
... Renico en pa Fanie se Dorper Stoets skaap prys wenners foto met saam met die mej. Suid-Afrika van daardie jaar het Renico self  ñ  kamera laat koop en begin foto's neem. Van die voordeur tot die agterdeur is afgeneem, selfs vir die Suid Vrystaat telefoon gids voorblad.., die Landbou skoue ,..huur teaters, studio's...baie geleer,  terwyl familie lid tannie Bets Brümmer al ñ geslypte 16mm rolprent kamera "fundie" was ......amper die plaas naam verander van Titiespan na "Kliekiespan" of "Kiekiespan"....pa in Pretoria het seker net sy kop geskud ......om die  blêr van skaap tot n lag te teel....as mediese spesialis was dit seker maar eerder... "grimlaggend lykend blêrende skape".....die nuwe Bleêrielag skaapras het toe nooit die donkerkamer lig gesien........ 

...darem beter as wat jy by die dieretuin, wilds plaas, wild reservaat aankom as fotograaf en hoor die "runnik in ñ blik" brul om jou.... ..dis nou die te veel donkie eëtende geblikte leeus.... en deur die lens bekyk die leeu jou dan nog of jy daardie regte fotogeniese donkie "look" het.....ñ runnikende leeu aan die kom......

Mal oor perde en perdry... eerste saalperd skou gery op 3 jarige ouderdom in Phillippolis - op 6 my ali afgeval voor die hoofpawiljoen - nou ja...Jy val en staan maar weer op..vandaar....wou telkens verskeie kere in my lewe amper weer die "verkeerde perd opsaal"...  later op landbou skoue die saal perde gery seuns  0/12 al was ek net 6  of 7 jaar oud....leer om te wen of verloor.... maar neem deel...

..Gedink gekwalifiseerde dokter op 5 jaar want het probeer Dokter,dokter speel met die bure...wou my pasiente laat "beter voel" en gesond lyk..Tot ons Pa's tuis gekom het...die Regte Dokters....

Naaste aan die verpleeging beroep.... was as  ñ  by speler..seker kamera  verby speler..? of agtergrond speler vir paar dae met film maker en regissuer Daan Retief as ambulans man ....baie benoud hul gaan vir die Oscar nominasies inskryf ..."beste uitge-fokuste agtergrond toneel in a film or televisie reeks"......ek dink ek het beter gevaar met my publisiteits foto's......

       
 

 

 

:: OPVOEDING - OPLEIDING - SKOOL  LEWE  EN STUDENTE LEWE ::

     


Voorskool..
Gebore met een tand en dus dadelik leer byt...

Laerskole en Hoër skool...
Phillippolis Laerskool en ook Anton van Wouw laerskool gewees in Pretoria en vir Hoërskool n Affie geword op Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies)

Pretoria Universiteit (UP (Tuks) toe - Die B.Com as Tukkie laat weet en sweet  en met die graad en UP spesiale medalje in die hand die  Vrystaatse platteland ingevaar om Stoet boer te word tussen Fauresmith en Luckhoff.

Huwelik status : Stage Troue - op die verhoog troue op 6 jarige ouderdom - diè sprokies konsert het nooit die huweliks termyn of skei datum gegee nie ...nie..nou hoe nou gemaak ..?

       
       

Terug na BO   ... oor Renico.com  

 

     

:: FOTOGRAAF, MODEL AGENT, ENS. RENICO - MOMENTE  EN  DINGE  ::

 

 

 


...Tv program oor model fotografie vir SABC gedoen saam met regisseur Alwyn Swart...baie goeie ondervinding en tv, video leer skool gewees..

Grootste "glips" ...... Aanhou skiet met "filmrol van 36" .... op Sandra Kotze in die Staats teater maar raampie na raampie ongeveer sestig ker besef ek..... onmoontlik ... dus ... die film het los geglip, gehak met die insit.... die aap uit die mou en op  my gesig.....
aanhouer wen.. maar hier was geeen kans..

...die meeste woorde in Renico film rolle voor die film kameras in Suid Afrikaanse film produksies...ñ volle dialoog van 2 woorde as prokureur nogal !..

...ander rolle... naam rolle  van die lag ja...... van al die naam uitsprake en spellings van die Renico naam ....op fakse en briewe en "roll calls" naamlyste en e-posse......van Nico, Rynico, Renyco, Enrico, Enriko, Reniko, Renco, Rynic, Rico, Ryno , Rynco, Rainco, ... tot ...Reinecko, Reineke, Reinecke.... die spellings.....los maar die uitsprake...!

Foto's neem van "Ballade vir ñ Enkeling" ....daag daar op singende in ballet klere ? nee ....maar almal hardloop in die tuin en jaag mekaar, waar sommiges ander met ñ film kamera agterna jaag ...dis nou die gejaagde lewe van en in Johannesburg? Dit is maar lewe op filmstelle ..vir paar sekondes op TV!

Renico op konstruksie persele....reklamefoto's vir o.a Staal maatskappy   het selfs oor half voltooide geboue en toerusting laat hang asof ek vlerke het ... sou dink wie nie waag nie wen nie en van staalgemaak...modelle van bo en onder...heeltemal ander uitkyk op die lewe gekry...verstommend hoe baie het hoogtevrees..of is dit hoë grimeer vrees..

       
     
...Natuurlik nog steeds Rugby en Tv verkyker aan die Wêreldbeker Toernooi in Frankryk 2007 ...baie welgedaaaan Bokke .. Wêreld Beker Kampioene !

Meer doen en lates volgende keer....
       
       

Terug na BO   ... oor Renico.com  

 

       
     


........ en dalk moet  die "Vleke" verder sprei ook .....

       

 

 

 

 

 
 
Renico Volksblad Koerant voorblad met sus Brumilda,Nancy**

ENG.

RENICO - INFO OOR FOTOGRAAF :: FOTOGRAFIESE STORIES::
Renico van Rensburg - oor Skoonheid, Mode, Model Bestuur Agent,
Model Agentskap Talent Soek,Mooimaak Sessies Fotografie
Klient Spesifiek Fotografie Geleenthede, Reise, Webblad Ontwerp..

Renico Fotografiese Wêrelde van  NO 1...elkeen se vereistes
as Kliënt....elkeen se skoonheid, model talent as Persoon ...
en my ..
.FiN*,  FBiN*  of  PiN* no  


Web: www.renico.com
Epos: info@renico.com  
Skype Renico: renicovr1 @  skype
Kontak Renico renico@skype

 

* FiN*, FBiN*  Fotograafiese  Intensiteits Nommer -  Fotografiese  
  Belangstellings-vlak  Nommer ...Passie 
  no 1...vir Fotograaf  Renico se passie....die  "foto"  kom eerste.

* PiN  no1.... Photographic Interests/ Photgrapher's Intensity/ 
  Number....for  Photographer Renico...pi no 1 

 

 

**Een foto ..duisend woorde.. Die 1ste   Volksblad Koerant voorblad foto
 van Renico en twee sussies Brümilda en Nancy het  seker die saadjie
 geplant om eendag dalk fotograaf en Volksblad korrespondent 
 agter die Kamera te word ?

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 MODEL,AKTEURS,AKTRIESES,FILM,TV,MUSIEK STERRE FOTOGRAFIE    ::www.renico.com  :: www.renico.co.za
Renico  © 2004-2007. All rights reserved.