Renico

 

Danksy fotografie het Renico ‘n wêreld betree vol akteurs, aktrises, bekende persoonlikhede en modelle en het hy van die mooiste plekke in die wereld besoek en beleef.


Sy fotosessies met bekende film, TV en musieksterre het heelwat sprankelende fotos en oomblike opgelewer. Modelle en Mej Suid-Afrika’s het ook heelwat glinster verleen aan sy meer as 50 tydskrif voorblaaie wat hy geskiet het.

 

‘n Spesiale oomblik wat uitstaan, was toe Nathaniël in sy voortrekkerrok in ‘n Sandton model agentskap ingestap het vir ‘n fotosessie saam met Renico om sy boek te help illustreer.

 

Hy het intussen ook fotos geneem van bekendes soos Arnold Vosloo, Richard Chamberlain, Brümilda van Rensburg, Esta Terreblance (All My Children) Steve Hofmeyr, Riaan van den Heever, Leandie du Randt, Donna-Lee Roberts.  Skoonhede soos Mej Wêreld Anneline Kriel en Mej Heelal naaswenner Letitia Snyman, mej Suid-Afrika Andrea Steltzer, Jo -Anne Strauss, Diana Tilden-Davis en Wilma van der Bijl was ook al voor sy lens.


Hy het ‘n nuwe Guinness Book of Records® daar gestel vir die langste ononderbroke model fotosessie. Renico het 76 uur plus lank modelle afgeneem en meer as sewe duisend film fotos geneem en uitgedruk.  Renico was gedaan maar moes nog TV onderhoude en opnames vir Britse en Suid Afrikaanse TV stasies doen.


Hy was bevoorreg om as vryskut fotograaf steelfotos as ‘n paparazzo vir die Rapport Tydskrif te neem onder die vaandel van die destydse redakteur Frans Kemp.  Hy het die visie gehad om sterre van plaaslike bekendes te help maak.

 

Renico se eerste inspirasie as student en ‘leerling’ fotograaf was om fotos van funksies by Universiteit van Pretoria dameskoshuise te neem waar die mooistes van die koshuis voor sy lens’beland’ het. Gelukkig het sy vriend Vennas (Venter) darem iets geweet van sy pa se ‘geleende’ kamera. Ons het tot ‘n professionele aanbod gekry om dit voltyds te doen…


Buiten ‘fotograaf’ speel, het hy darem tyd gevind om ‘n Diensmedalje los te slaan vir sy bydrae tot die studente gemeenskap deur organisasies soos AIESEC, bekend onder andere as ‘n internasionale uitruilskema vir studente.

 

[©picture: Renico saam met en van sy genstelling modelle, Carmen]

 

Na universiteit en met ‘n B.Comm graad in die sak, het Renico hom as ‘n Dorper stoetboer tussen Fauresmith en Luckhoff gevestig waar hy ook op verkeie komitees gedien het en aan landbouskoue deel geneem het. Nadat Renico op die Petrusburg skou die groot kamioenprys los geslaan het met sy Dorper Stoetram, het ‘n fotograaf ten duurste fotos van hom en Mej Suid-Afrika geneem. Renico het net daar besluit om kameras te koop en self fotos te neem. Daarna het hy skoufotos vir tydskrifte geneem en so het hierdie nuwe fotografie ‘stokperdjie’ uitgekring. Sy voorliefde vir perde kon hy goed gebruik aangesien hy op drie jaar oud al aan sy eerste saalperd skou deel geneem het.


Vroeg in sy fotografie loopbaan was hy deel van ‘n TV reeks genaamd ‘Graffiti’ saam met regisseur Alwyn Swart vir die SAUK wat oor modelwerk en model fotografie gehandel het. Hy het ook fotos geneem op filmstelle soos ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ en so het sy smaak vir glansfotos van bekendes ontwikkel. Renico was lank ‘n lid van die Suide-Afrikaanse Professionele Fotografiese Vereeniging van Suid-Afrika.


Met sy ondervinding as modelbestuurder en agent in beide Johannesburg en Kaapstad het hy vele nuwe gesigte ondek wat intussen roem verwerf het. Danksy hierdie ondervinding staan hy sy suster Brümilda van Rensburg by met haar drama opleidingsakademie en agentskap waar hy fotos neem van haar kursusstudente en die talentvolles wat sy verteenwoordig.

 

Fotografie en talent soek – dit is Renico.